Nampol reik beloning uit vir inhegtenisname van moordenaar van konstabel

Die Namibiese polisie het ‘n beloning van 20 000 Namibiese dollar uitgereik vir die inhegtenisname van die moordenaar van die 35-jarige konstabel Petrus Talamondjila. Hy is vermoedelik tussen 17 en 21 Augustus 2021 vermoor waarna sy liggaam op die middag van 21 Augustus in ‘n rivierbedding agter die Wimpy op Mariental gevind is. ‘n Woordvoerder van die Namibiese polisie, inspekteur Elifas Kuwinga, gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.