Nampol ondersoek verkragtingsaak, 14-jarige is swanger

Die Namibiese polisie in die Ohangwena-streek ondersoek ‘n saak waarin ‘n 19-jarige man na bewering ‘n 14-jarige meisie by die Onekwaya-nedersetting verkrag het. Volgens die mag se weeklikse misdaadverslag het die voorval na bewering reeds in Februarie plaasgevind. Die slagoffer is volgens berigte net minder as ses maande swanger. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie en die polisie se ondersoek duur steeds voort.