Afrika die minste verwantwoordelik vir klimaatskrisis, betaal die duurste

‘n Ugandese aktivis, Vanessa Nakate, sê die klimaatskrisis het baie lande in Afrika op ‘n punt gebring waar hulle nie meer kan aanpas nie. Die vasteland is verantwoordelik vir minder as 4 persent van die koolstofvrystelling in die wêreld. ‘n Studie deur CARE International het bevind tien van die humanitêre krisisse van verlede jaar waaroor min berig is, was in die Suidelike Halfrond en ses daarvan in Afrika. Nakate sê meer klimaatsfinansiering is nodig en nie net as beloftes nie, maar regte geld, sodat gemeenskappe kan aanpas: