Haufiku sê oor aap-pokke

Namibiese medici verwelkom die besluit van die Wêreldgesondheidsorganisasie wat die uitbreking van aap-pokke as ‘n wêreldwye gesondheidsnoodgeval verklaar het. Dr. Tedros Adhanom Gebreyesus, direkteur-generaal van die WGO sê byna 16 000 gevalle is al in 75 lande aangemeld. Nog net twee ander siektes het al ooit as ‘n gesondheidsnoodgeval gekwalifiseer, naamlik Covid-19 en polio. Die voormalige Namibiese gesondheidsminister, dr. Bernard Haufiku gesel met Kosmos 94.1 Nuus.