Nampol-hoof: Moenie reg in eie hande neem

Tydens die feesseisoen styg misdaad regoor die land. In sommige gevalle wag die slagoffers wat misdaad aangemeld het te lank vir die polisie en neem die reg in eie hande. Namibiese polisiehoof luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga sê aan Kosmos 94. 1 Nuus alhoewel hy die frustrasies van Namibiërs verstaan wat slagoffers van misdaad is, doen hy ‘n beroep op die publiek om die regte prosesse te volg.

Die polisiehoof verduidelik ook wat met diegene gaan gebeur wat die reg in eie hande neem.