Tasa: Maatreëls by SA grensposte bly onveranderd

Die ontdekking van Covid-19 se Omikron-variant in Suid-Afrika, het lande wêreldwyd op hul hoede geplaas. Verskeie lande het ‘n reisverbod op Suider-Afrikaanse lande geplaas, Namibië ingesluit. Zimbabwe en Angola het ook hul grense gesluit. Namibiërs kan steeds na Suid-Afrika reis en moet ‘n negatiewe Covid-PCR-toets nie ouer as drie dae by grensposte toon. Volgens Nathaly Ahrens van die Toer- en Safari-vereniging, Tasa, het maatreëls onveranderd gebly.