Ekonomiese kenner: Moenie leen om met vakansie te gaan

Namibiërs wil graag met vakansie gaan, maar talle kan dit nie bekostig nie. Sommige kwalifiseer nie vir lenings by kommersiële banke nie en wend hulle dan tot mikroleners. Skuld by mikroleners moet binne ‘n maand ten volle teen ‘n rentekoers van 30 persent vereffen word. Die jongste Namfisa-verslag dui aan dat die kumulatiewe aantal huishoudelike leners by mikroleners op ‘n kwartaallikse basis én ‘n jaarlikse basis oor dieselfde tydperk gestyg het. Die aantal leners het met 1,2 persent kwartaal-op-kwartaal en tien persent op ‘n jaargrondslag toegeneem. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië, maan Namibiërs moenie geld leen om met vakansie te gaan nie.