Nampol bevestig 5 minderjarige verkragtings

Vyf minderjarige meisies is volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag verkrag. Hul ouderdomme wissel tussen sewe en 14 jaar oud. Die beweerde verkragtings het op Onesi in die Omusati-streek, Ncuse in Kavango-Oos, Epembe in die Kunene en Okatope en Ongwediva in die Oshana-streek plaasgevind. ‘n Elf-jarige meisie is glo deur haar nefie verkrag. In die meeste voorvalle is die verdagtes bekend, maar net een van die verdagtes is in hegtenis geneem en verskyn vandag in die landdroshof op Ondangwa.