Beurtkrag is terug… tot ten minste Woensdag

Eskom het fase-een beurtkrag ingestel van vyf-uur tot vanoggend vier-uur vanmiddag. Daarna sal fase twee tot môreoggend vyf-uur volg. Beurtkrag is Sondag opgeskort weens ‘n verbetering in die werkverrigting van kragstasies. Beurtkrag sal weer van vyf-uur môre-oggend tot vieruur môremiddag opgeskort word, en dan sal fase twee tot Woensdag-middag om vier-uur ingestel word. Eskom se Menzi Mngomezulu, het burgers bedank dat hulle voortgaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik om die druk op die kragnetwerk te help verlig: