Namibiese toerisme-sektor maan oor agterstand van inentingsertifikate

Die Namibiese toerisme-sektor is bewus van agterstand van goedkeuring van Namibiërs se inentingsertifikate deur die gesondheidsministerie. Dit volg na chaos verlede week met lang rye en oponthoude by onder meer die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg nadat owerhede in Suid-Afrika benadruk het dat alle reisigers wat die land besoek se inentingsertifikate teen Covid-19 ‘n elektroniese QR-kode moet bevat wat die naspoorbaarheid daarvan bewys. Die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya het die publiek gevra om geduldig te wees. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.