Pasgebore baba in rivierloop in Otjomuise gevind

Die Khomas-polisie is op soek na ‘n verdagte wat ‘n pasgebore babameisie Sondagmiddag in ‘n rivierloop in Otjomuise in die hoofstad weggegooi het. Die Namibiese polisie se adjunk-offisier Silas Shipandeni, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die baba is in ‘n laken toegedraai en in ‘n sak saam met bloedbesmeerde klere geplaas. Hy doen ‘n beroep op mense met inligting om polisiebeamptes by die Otjomuise-polisiekantoor in te lig.