Gebaretaal is Suid-Afrika se 12de amptelike taal

Doof SA verwelkom die nuus die kabinet het die Agtiende Wysigings-wetsontwerp op die Grondwet vir openbare kommentaar goedgekeur. Dit sal Suid-Afrikaanse gebaretaal die land se 12de amptelike taal maak. Die departement van basiese onderwys het ook planne aangekondig om gebaretaal as ‘n keusevak in die skoolleerplan in te sluit. Doof SA se Gautengse direkteur, Liz-Anne Booysens, sê die land beweeg uiteindelik in die regte rigting om aandag te gee aan die marginalisering van die dowe gemeenskap.