Drie vas ná skietgeveg met Valke

Drie verdagtes is in Kelvin, naby Sandton, in hegtenis geneem ná ‘n skietgeveg met die Valke se tegniese operasiebestuur-afdeling. Die drie, onderskeidelik 31, 37 en 39 jaar oud, is blykbaar deel van ‘n sindikaat wat mense wat groot bedrae geld by banke onttrek teiken, die slagoffers dan huis toe volg of die motoreienaars langs die pad voorkeer en beroof. ‘n Polisiewoordvoerder, Lloyd Ramovha, sê een verdagte het homself oorgegee en is ongedeerd maar die ander twee is tydens die skietgeveg beseer.