Namibiese student in Turkye aangehou

Die nasionale studente organisasie NANSO, het gereageer op ‘n Namibiese student
wat in Turkye gestrand is. Daar word berig dat die Turkse owerhede, Linda Nambili, nou
al ‘n hele paar dae op die lughawe in Istanbul aangehou het weens die Covid-19-rooilys
wat die land in Suider-Afrika as ‘n brandpunt gekategoriseer het. Nambili sê dat sy ‘n
negatiewe PCR -toets gehad het. Ester Shakela, woordvoerder van NANSO, het met
Kosmos 94.1 Nuus gepraat.