Eiendom bly die beste belegging – bewerk dit so

Dit word al hoe moeiliker vir veral jong mense om ‘n huis in Namibië te koop. Dit is weens verskeie redes, maar as iemand wat nie die eiendomsbedryf ken nie, is die burokratiese rondslomp by banke ook ‘n uitdaging. Talle mense meen ook hul uitgawes is te groot om eiendom te kan bekostig. Volgens Anne Tandeka Gebhardt, die stigter en eienaar van a National Property Academy, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê beplanning is die wagwoord.

Gebhardt sê met rentekoerse wat nou so laag is, is dit die ideale tyd om nou eiendom te koop.