Namibiese modelle moet Saterdag aanmeld

Alle Namibiese modelle word uitgenooi om op Saterdag hul vaardighede op die loopplank te wys om in aanmerking te kom vir modelwerk vir die MTC Windhoek Mode-week. Modelle van alle uithoeke van Namibië is welkom om vanaf nege-uur die oggend tot drie-uur die middag by die Nasionale Teater van Namibië met hul CV’s op te daag. Luis Munana, stigter van die Windhoek Mode-week, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.