SME-hoenderprodusente moet kommersieel produseer

Die Pluimvee Produsente-vereniging van Namibië sê dat die meer as 700 kleinskaalse hoenderboere die bedryf, dit kommersieel moet betree. Die boere is reeds op die ministerie van handel se databasis geregistreer maar, hul produksie van beide vleis en eiers vorm nie op oomblik deel van die waardeketting van die plaaslike pluimvee bedryf nie. Op die oomblik word die invoerbeperkings van 1 200 metrieke ton maandeliks hersien en daar word ook standaarde vir die bedryf bespreek omdat dit op die oomblik ontbreek. Hoender word as ‘n uiters belangrike industrie geag omdat dit redelik maklik is om op kleinskaal te produseer en ‘n goedkoper bron van proteïne is.