Namibiese ministerie van binnelandse sake verwelkom Trusted Travel System

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake verwelkom die Trusted Travel System wat Saterdag by Namibiese grensposte ingestel is. Slegs Covid-sertifikate wat deur die Trusted Travel-platform uitgereik is, word by grensposte aanvaar. Sakeus Kadhikwa, die woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake, sê aan Kosmos 94.1 Nuus oorgrens-samewerking tussen verskeie lande sal bevorder word.