Franse onderwysers vra tweede groot staking

Franse onderwysers-unies vra vir ‘n tweede groot staking hierdie week in protes teen die regering se Covid-toetsing en -isolasie-maatreëls, wat hulle sê klasse ernstig ontwrig. Internasionale nuusagentskappe berig dié stap volg op verlede week se een-dag-uitstap-staking wat tot die sluiting van die helfte van die land se laerskole gelei het. Onderwysers sê dit is nie meer moontlik om dié ontwrigtings te bestuur nie. Die hoogs-aansteeklike Omikron-variant versprei steeds en baie ouers sukkel om inentingsafsprake vir hul kinders te kry. Daar is ook lang rye buite apteke waar mense wag om getoets te word.