Grensposte tussen Namibië en Angola heropen

Die minister van binnelandse sake Namibië, dr. Albert Kawana en sy Angolese eweknie, Eugénio Cesar Laborinho, het amptelik die Namibiese-Angolese grensposte heropen. Die grensposte van Ruacana, Omahenene en Omuvelo waKashamane wat sedert 2020 weens die Covid-pandemie gesluit is, is heropen. Vroeër vanjaar is die grensposte van Oshikango, Santa Clara en Katwitwi eerste heropen.