Namibiese boere smag na reën

Boere in regoor Namibië smag na reën wat in groot dele nog nie gekom het nie. Terwyl akkerbouers wag op die reën voor hulle kan plant, hoop veeboere op reën sodat hulle nie meer vee moet voer nie. Op die oomblik is die droogte die ergste in die Kunene-streek. Een boer wat weet hoe erg die situasie is, is die voormalige gesondheidsminister, dr. Libertine Amadhila, wat in die Kunene-streek boer. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat gemeenskappe in die streek weer op die regering vir voedselhulp sal moet staatmaak as die reën nie vinnig kom nie.