Frankryk gooi vet op Djokovic-vuur

Frankryk het vet op die Djokovic-vuur gegooi. Die Franse minister van sport, Roxana Maracineanu, het gesê, Djokovic, wat openlik skepties is oor die inenting, sal voordeel trek uit die spesiale geval-scenario wat in Frankryk geld vir groot geleenthede soos die Franse Ope. Hy sal toegelaat word om in die Franse Ope te speel selfs al is hy nie ingeënt nie. Die 34-jarige Serwiër is in ‘n immigrasie-aanhoudingshotel in Melbourne, terwyl hy appelleer teen die dramatiese herroeping van sy visum, omdat dit nie voldoen aan die streng Covid-beperkings in Australië nie.