Namibiërs vertrou nog Nampol, nie soos SA nie

Die jongste navorsing in Suid-Afrika toon dat slegs 2 persent van Suid-Afrikaners sal 10111 eerste in ‘n geval van nood bel, terwyl 56,8 persent privaat sekerheidsmaatskappye en 40,7 persent buurtwag-groepe sal skakel. In Namibië blyk dit nie die geval te wees nie en lede van die publiek het steeds vertroue in Nampol. Kosmos 94.1 Nuus het by die Khomas-streeksbevelvoerder, kommissaris Ismael Basson aangeklop…