Dag Zero op pad by Nelson Mandelabaai

Die DA in die Oos-Kaap sê die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit se water is byna op en wanneer Dag Zero vir groot dele van die stad aanbreek, sal die metro sy kop in skaamte moet laat sak. Dries van der Westhuizen van die DA sê inwoners gebruik saam 299 megaliter water per dag, hoewel die vraag reeds lankal tot 230 tot 250 megaliter per dag verminder moes word: