Namibië wil mees mededingende toeriste-bestemming in Afrika word

In ‘n poging om Namibië in die mees mededingende toeriste-bestemming in Afrika te verander, het die toerismeministerie versoek dat mense genomineer word om as lede op die Kharas-streek se toerismeforum te dien. Rolspelers in die toerismesektor het ‘n slypskool in die verband gehou. Die adjunk- uitvoerende direkteur in die toerismeministerie, Seimy Shidute, is aan die woord.