Namibiese gesondheidsminister moedig kinders aan om ingeënt te word

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, doen ‘n beroep op ouers om hul kinders aan te moedig om ingeënt te word sodat die regering sy teiken van kudde-immuniteit kan bereik. Die ministeries van gesondheid, onderwys en inligting het ‘n gesamentlike landwye ‘n skole-inentingsveldtog van stapel gestuur. Die Covid-inentingsveldtog onder skole se doelwit is om 70 persent leerders en onderwysers teen Junie in te ent. Leerders tussen 12 en 17 jaar oud kan teen die Covid-virus ingeënt word. Shangula gesels met Kosmos 94.1 Nuus.