Namibië ver van WGO se Covid-inentingsteiken van 60%

Die Namibiese visepresident Nangolo Mbumba het weer ‘n beroep op alle Namibiërs gedoen om ingeënt te word om kudde-immuniteit te bereik. Hy het gesê alhoewel positiewe Covid-gevalle besig is om minder te raak, is Namibiërs huiwerig om ingeënt te word. Hy sê die inentingskoers is baie laag en ver van die Wêreldgesondheidsorganisasie se teiken van 60 persent.