Tiener-selfdood kan voorkom word

Voorkoming van tiener-selfdood-week begin vandag tot 21 Februarie. Die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep help vanjaar ouers, onderwysers en die gemeenskap in hierdie week deur inligting te deel oor hoe om moeilike gesprekke te voer oor depressie en die voorkoming van selfdood. Kenners sê tieners is die grootste risiko-ouderdomsgroep in Suid-Afrika. ‘n Mediese student van die Universiteit Stellenbosch, Jana Lötz, wat selfdoodpogings oorleef het, sê die regte vrae kan die gesprek begin.