Namibië se maandelikse lewenskoste dui middelinkomste-land aan

Volgens Wisevoter, ‘n Amerikaanse toonaangewende data-gedrewe platform, verskil lewenskoste in die wêreld baie van land tot land. Sekere lande, soos dié in Wes-Europa, is geneig om ‘n baie hoër lewenskoste te hê as dié van ontwikkelende lande. Die verskille kan toegeskryf word aan faktore soos eiendomspryse, salarisse en lone, kos- en vervoerkoste, belasting, inflasiekoerse en wisselkoerse. Namibië is op nommer 95 geplaas teen 15 500 Namibiese dollar wat maandeliks nodig is terwyl Suid-Afrika op nommer 87 lê teen 852 Amerikaanse dollar, sowat 16 000 Suid-Afrikaanse rand. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomo Hei, ‘n ekonoom en besturende direkteur van High Economic Intelligence gesels, wat sê dat die verslag die hoër middel inkomste-status van Namibië toon.