Namibië se damme is saam 52,9% vol

Namibië se damme is volgens die weeklikse dambulletin van NamWater tans gesamentlik 52,9 persent vol teenoor verlede jaar se slegs 23 persent. Die sentrale damme se gesamentlike damvlakke staan op 64,6 persent teenoor verlede jaar se 57,6 persent. Von Bachdam is tans leër op 48,6 persent as verlede jaar dieselfde tyd se 75,4 persent. Alhoewel 1,979 miljoen kubieke meter uit die Hardapdam onttrek is, is die Suide-damme saam 58,8 persent teenoor verlede jaar se 19,4 persent.