Reisverbod ‘n reuse-terugslag vir toerismesektor

Die huidige situasie oor die nuwe Covid-variant Omikron waartydens sekere lande ‘n reisverbod op sekere Suider-Afrikalande geplaas het, is ‘n groot terugslag vir maatskappye in die toerismesektor. ‘n Bestuurder van ‘n safari-maatskappy by die kus sê hy hoop hulle herstel ekonomies, maar die toekoms is onseker. Kenneth Kapitako van Sandwich Dune Tours and Safaris by Walvisbaai sê aan die Namibiese dagblad, The Namibian, hy het al reeds baie geld verloor in die paar dae nadat die nuwe variant aangekondig is.

Hy het ook gevra wat die standpunt van die Namibiese regering in hierdie verband is.