Namibië nou ‘n lid van Afrika-olieorganisasie APPO

Namibië is nou amptelik ‘n lid van die African Petroleum Producers’ Organisation. Die organisasie is in 1987 gestig  om te dien as ‘n platform vir samewerking en harmonisering van pogings, en die deel van kennis en kundigheid tussen Afrika-olieproduserende lande. Die stigterslande, Algerië, Gaboen, Libië en Nigerië, het die organisasie gevorm in reaksie op die styging in internasionale oliepryse in die 70’s, ‘n situasie wat die betalingsbalans van baie ontwikkelende lande ernstig beïnvloed het. Namibië het vanjaar saam met Ghana en Senegal aangesluit. Daar is onlangs rekord-ontdekkings van ru-olie in die Oranje-bekken gemaak.