Smit sê premier het nie kommer oor skole en water nie, net verkiesings

Tydens die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila se besoek aan die Omusati-streek, het die onderwysdirekteur, Benny Eiseb, die uitdagings van skole in die streek aan haar geopper. Hy sê vir die afgelope twee maande is skole sonder skoon water en het die onderwysdirektoraat uitstaande fakture van meer as 20 miljoen Namibiese dollar vir water, elektrisiteit, spyseniering vir koshuise en die skoolvoedingsprogram gehad. Nico Smit, die Popular Democratic Movement se skaduminister vir finansies, bevraagteken die premier se motief vir haar streeksbesoek en meen sy voer haar eie politieke veldtog.

Smit vra ook of ander streke dieselfde aandag kry.