Media-vakbond sê sy registrasie word vertraag

Sakeus Iikela, die sekretaris-generaal van die Namibiese Media-vakbond, Nampu, beskuldig die Arbeidskommissaris dat hy die vakbond se registrasie vertraag. Volgens hom het Nampu reeds in 2020 aansoek gedoen om amptelike erkenning by die Arbeidskommissaris. Iikela sê die vertraging berokken skade aan sy lede wat steeds sonder verteenwoordiging is. Dus kon die vakbond nie regsake waarby sy lede betrokke is aanspreek of ‘n ooreenkoms met werkgewers tot voordeel van sy lede aangaan nie. Hy sê hulle is in September 2021 aangesê om geringe grammatikale regstellings te maak en die Grondwet is weer vroeg vanjaar ingedien. Die hoof skakelbeampte in die arbeidsministerie Maria Hedimbi sê Nampu se aansoek voldoen nie aan die kwalifikasievereistes nie. Sy sê daar is nie politieke inmenging in die proses nie.