Namibië loop die risiko vir wanbetaling op skuld

Bloomberg het Namibië tiende uit 25 lande geplaas kwesbaar is vir wanbetaling op sy soewereine skuld. Volgens die lys beloop die regering se skuld op die oomblik 69,6 persent van die BBP. Suid-Afrika is 15de geplaas met die oorlog-geteisterde Oekraïne wat agste lê. Theo Klein, ekonoom by Simonis Storm het die uitdaging so uiteengesit.

Hy sê die regering se skuld groei teen ‘n vinniger tempo as die ekonomie wat groot kommer wek.