‘Die land van melk en heuning’

‘n Video op sosiale media van Suid-Afrikaanse toeriste wat die uiters skoon toestande by ’n rusplek op die roete tussen Windhoek en Rehoboth geloof het, is wyd versprei. Kosmos 94.1 Nuus het die gas, George van Deventer, wat saam met Trans Africa Self-drive Adventures gereis het vanuit die Kaap, opgespoor. Hy is verlief op Namibië…

En hy het die mense wat die toestande by die rusplek so mooi bewaar, bedank.