Namcor sê oor oliebergingsfasiliteit

Die besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga, sê hulle teiken binnekort 100 persent van kapasiteit vir die oliebergingfasiliteit by die Walvisbaai-hawe. Op die oomblik werk die fasiliteit teen ongeveer 60 persent van sy kapasiteit en het tot dusver vanjaar, inkomste van 3,3 miljard Namibiese dollar aan die maatskappy besorg. Mulunga meen aanpassings aan pyplyne verhoed dat die maatskappye, vir wie Namcor met die fasiliteit diens, se volumes laer is. Maar, Namcor vorder goed met uitvoere na Botswana en Zambië en dienste wat aan internasionale oliemaatskappye gelewer word. Die fasiliteit was in omstredenheid gehul toe sy konstruksie-koste tot 5,8 miljard dollar gestyg het.