Nog twee renosters gestroop

Twee renosters is in die Windhoek-distrik op plaas Otjisauona gestroop. Dit bring die totaal tot 61 renosters tot dusver vanjaar. Volgens ‘n misdaadverslag van die polisie, is die twee witrenosters tussen 21 en 24 Oktober gestroop. Die twee diere is geskiet en hul horings verwyder. Die omgewingsministerie het onlangs sy kommer uitgespreek oor toenemende stropery, veral op privaatplase en in Etosha Nasionale Park. Daar is ook verlede naweek, ‘n witrenoster bul gestroop, ook op ‘n plaas in die Windhoek distrik.