Water môre uit Neckartal gepomp

NamWater gee kennis dat 50 000 kubieke meter water môre, rondom 11-uur uit die Neckartaldam vrygestel sal word. Die hoof uitvoerende beampte van NamWater, Abraham Nehemia sê die landbou ministerie het die versoek gebring vir die ekologie van die rivierbed onder die damwal en as deel van sy studie in verband hiermee. Inwoners in die relevante gebied moet voorsorg tref. Nehemia het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.