Nam sal voordeel trek uit Kaza-verbintenis

Eurowings Discover se vlugte via Windhoek na Victoria-valle bevorder toerisme in die Kavango-Zambezi-oorgrensgebied, oftewel Kaza. Die Airbus A330 van die Lufhansa-groep se lugredery het vandeesweek vir die eerste keer vanaf Frankfurt by die Victoria Falls Internasionale Lughawe in Zimbabwe geland. Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat dié vlugte vir die Namibiese toerisme-sektor beteken.