Nam kry internasionale bystand met werkskepping

Die Namibiese arbeidsminister, Utoni Nujoma, het die Internasionale Arbeidsorganisasie se ondersteuning in terme van werkskepping geloof. Nujoma, wat tans by die 110de Internasionale Arbeidskonferensie in Genève is, sê die bystand deur die organisasie sal Namibië help om ‘n tasbare impak op werkskepping te maak wat hoop vir die jeug kan bring. Maria Hedimbi, hoof van openbare betrekkinge by die ministerie is aan die woord.