Buitelander en makker vas vir poging om NamRA-werkers om te koop

Die Namibiese Inkomste-agentskap het meer inligting bekend gemaak oor die arrestasie van twee mans, 51 en 33 jaar oud, wat gepoog het om personeel van die agentskap om te koop. Die 51-jarige, ‘n buitelander, skuld blykbaar 8 miljoen Namibiese dollar en het fakture vervals. ‘n Ondersoek is deur NamRA gelas en toe kom die poging om die amptenare met 100 000 Namibiese dollar om te koop. Steven Ndorokaze, NamRA-woordvoerder, het die besonderhede.