Nadal word vir die eerste keer pa

Vreugdevolle nuus uit Mallorca is dat die Spaanse tennisster, Rafael Nadal en sy vrou Mery Perello, die ouers van ‘n babaseun geword het. Rafa en Xisca, soos sy meer geliefd bekendstaan, het hulle eerste kind gister in Palma de Mallorca verwelkom. Die egpaar is al sedert hulle tienerjare bymekaar en het drie jaar gelede in die huwelik getree. Die 36-jarige Nadal het al by herhaling gesê hy wil baie graag kinders hê. Sy vernaamste teenstanders, Roger Federer en Novak Djokovic, is alreeds pa’s en hulle is steeds mededingend.