Skotland is weer sneeuvry

Skotland is vir die vierde keer in die laaste ses jaar heeltemal sneeu-vry. Daar word berig die Sphinx, in Cairngorms, waar in die verlede die sneeubedekking die langste in die VK gehou het, het gesmelt. Dit is die vierde keer die afgelope ses jaar dat die sneeu verdwyn, en dit het die afgelope 300 jaar slegs nege keer gesmelt. Die Sphinx is die naam van ‘n klimroete in die gebied. Omgewingskenners sê klimaatsverandering speel waarskynlik ‘n rol.