Naamsa sê voertuigbedryf sal twee jaar neem om te herstel

Die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers in die buurland, Naamsa, sê dit sal die bedryf twee jaar neem om volkome te herstel. China se zero-Covid-19-inperkingsbeleid het ook motorvervaardigers in die land geraak. Die uitvoerende hoof van Naamsa, Mike Mabasa, sê die bedryf is die afgelope 18 maande deur faktore soos wêreldwye verskaffing, beurtkrag en die vloede in Natal gestrem. Mabasa voeg by ondanks die huidige uitdagings, voer die sektor nou meer motors uit as ooit te vore.