N$930 miljoen op uitstaande staatseffekte vandag terugbetaal

Fondse uit die staatsrekening is gebruik om 930 miljoen Namibiese dollar uitstaande kapitaal op die GC22-staatseffekte vandag terug te betaal. Gegewe Simonis Storm se verwagtinge wat in hul Ekonomiese Vooruitsigte 2022-verslag bespreek is, glo hulle dat effekte-pryse in Namibië in 2022 sal daal. Pryse sal daal namate daar van buitelandse beleggers verwag word om opkomende mark-effekte te verkoop en namate plaaslike beleggers hul inflasie- en rentekoersverwagtinge aanpas. Theo Klein van Simonis Storm verduidelik aan Kosmos 94. Nuus.