SA vervoerminister belowe Prasa sal 39 treinstasies in Wes-Kaap opknap

Die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula het vandag belowe dat Prasa in die Wes-Kaap hom daartoe verbind het om 39 van die provinsie se treinstasies dié jaar op te knap en op te gradeer. Mbalula het vandag die Moederstad besoek as deel van ‘n oorsigbesoek om die vordering van dié opknappings te monitor. Hy sê die meerderheid van die Wes- Kaap se treinstasies is erg tydens die inperking gevandaliseer. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt …