N$6,6 miljard vir inentings vir arm lande

Die Europese Kommissie stel nog 6,6 miljard Namibiese dollar beskikbaar om inentingsveldtogte in behoeftige lande en die werk van Access to Covid-19 Tools Accelerator te ondersteun. Die Europese Unie en Amerika het gesamentlik meer as 1 miljard Covid-19-entstofdosisse beskikbaar gestel om seker te maak aflewerings vind plaas volgens lande se behoeftes. Die president van die kommissie, Ursula von der Leyen, sê alle streke behoort die vermoë te hê om pandemiese uitbrekings te voorkom en hulle eie entstof te vervaardig: