Mkhize sê dis alles ‘n heksejag

Die gewese Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Zweli Mkhize, sê die bewerings en aanvalle teen hom is ongegrond en ongeregverdig. Dit volg na berigte dat mense wat by die onregmatige toekenning van die Digital Vibes-kontrak van 150 miljoen Suid-Afrikaanse rand betrek word, binnekort in hegtenis geneem gaan word. Mkhize word betrek by ‘n ondersoek na korrupsie in die Gesondheidsdepartement. Hy is blykbaar besig met ‘n veldtog om in Desember ‘n hoë pos in die ANC-leierskap los te slaan. Mkhize sê niks sal hom keer om die mense te dien nie.