N$22,4m opgeëis in mosiehof vanoggend

Die rol vir die mosiehof vanoggend was redelik klein met 83 aansoeke om verstekvonnisse waarvan 19 reël 108 aansoeke was. Regters Hannelie Prinsloo en Marlene Tommasi het die sessie hanteer. Daar was 36 aansoeke deur kommersiële banke waarvan 16 lenings ter waarde van 4 miljoen dollar betaalbaar is. Agttien eiendomme met ‘n uitstaande waarde van 18,4 miljoen dollar in lenings is opgeëis sowel as twee onbetaalde voertuie. In Maandag se sessie sal regter Shafimana Ueitele 58 onverdedigde egskeidings hanteer.